image

CAMERA OBSCURA AS HULP VIR DIE KUNSTENAAR EN VOORLOPER VIR FOTOGRAFIE

  /  News   /  CAMERA OBSCURA AS HULP VIR DIE KUNSTENAAR EN VOORLOPER VIR FOTOGRAFIE

CAMERA OBSCURA AS HULP VIR DIE KUNSTENAAR EN VOORLOPER VIR FOTOGRAFIE

By Mariana Zdara, DITSONG: National Museum of Cultural History

Die konsep Camera Obscura was reeds bekend in die vroeë Chinese beskawings. Die Chinese filosoof Mozi het reeds in 400 v.C. in sy navorsing opgeteken dat die beeld in Camera Obscura onderstebo is, as gevolg van die feit dat lig vanaf hulle oorsprong in reguit lyne skyn. 

 

Die beginsel van Camera Obscura is ook opgeteken deur Aristoteles (322-384 n.C.) toe hy ‘n sonsverduistering bestudeer het.  

Vanaf die elfde tot die sestiende-eeu het baie werke deur Roger Baxon, John Pecham en Erusmus Rheinhold verskyn wat na die aanwending van Camera Obscura in Astrologie verwys het.

Leonardo da Vinci (1452-1519) was reeds met die bestaande studies oor Camera Obscura bekend. Hy was die eerste persoon wat ‘n goeie beskrywing gegee het van Camera Obscura in een van sy publikasies, Codix Atlanticus in 1502. 

Dit was egter Giovanni Battista della Porta se werk wat in 1558 gepubliseer en vertaal is, wat die konsep van Camera Obscura onder die aandag van skilders gebring het. In die sewentiende eeu het Camera Obscura ‘n bekende werksmedium vir talle kunstenaars geword.  

Die vroegste Camera Obscura was ’n klein donker kamertjie, waarin ‘n mens kon staan. Daar was ‘n gleufie in die muur van hierdie donker vertrek wat ‘n omgekeerde beeld van buite op die teenoorgestelde muur geprojekteer het.

Figuur 1: Die ontwikkeling van Camera Obscura van ‘n kamer na ‘n kleiner boks wat rondgedra kon word.

Alhoewel daar geskryf was dat die beeld wat deur Camera Obscura verkry is perfek was, was die beeld ver van perfek, as gevolg van die lense wat eenvoudig was. Dit was ook baie ongemaklik om die Camera Obscura te gebruik, aangesien die boks/kamer groot genoeg moes wees sodat ‘n mens daarin kon staan, sonder om die beeld op die oorkantste muur te versteur. Camera Obscura kon daarom aanvanklik nie spontaan gebruik word nie.    

Die probleme rondom Camera Obscura is mettertyd stadig maar seker opgelos. Girolama Cardano het die gleuf met ‘n lens wat die beeld diepte gegee het, toegerus en Giovanni Battista della Porta het lig teen ‘n konkawe spieël geprojekteer wat die beeld teruggereflekteer het sodat die beeld nie meer onderstebo was nie. In 1657 het Kasper Schott die kamer tot ‘n boks verklein. Hierdie boks kon maklik in die veld rondgedra word.  

In 1685 was die Camera Obscura gereed vir fotografie, maar geen ontwikkeling in kameras het plaasgevind in die daaropvolgende 130 jaar nie.

Verwysings

  • Camfield and D. Wills, History of photography, techniques and equipment Collections and collecting, p. 11.
  • J.C. Lemagny and A. Rouille, A history of photography: Social and cultural perspectives, p. 12.
  • J.W. Burden, Graphic reproduction photography, p.11.
  • A Davenport, History of photography: An overview, pp.4-5.
Ditsong Logo

Open Daily : 08:30 ‒ 15:00

GaMohle Building
70 WF Nkomo (Church) Street
West Pretoria
+27 12 492 5744, +27 12 323-6592